Voorblad
Woensdag, 01 April 2015 19:29

Lydenstyd

Geskryf deur 
Beoordeel die item
(0 Stemme)

LydenstydDie Christelike kerkjaar is gebou rondom die groot Christelike feeste. Dit begin by Advent met Kersdag as fokus. Epifanie begin 6 Januarie en eindig met die Sondag van Verheerliking. Die volgende groot fees is Paasfees maar dit word voorafgegaan deur die 40 dae van Lydenstyd. Lydenstyd word ingelei deur Aswoensdag en sluit af in die Heilige week net voor Goeie Vrydag. Vanaf Opstandingsondag volg Paastyd. Hemelvaartdag lei die Pinkstertyd in. 

Lydenstyd is 'n seisoen van 40 dae waarin ons as Christene met vreugde, erns en pyn terugdink aan Jesus wat namens ons die lyding en straf  vir sonde op Hom geneem het en in ons plek daarvoor gesterf het. Ons moet daarop reageer en daarom berei ons voor vir Paasfees en 'n Opstandingslewe.

 

Kleure
Donker aardse kleure soos bruin, grys, rooi en pers. Die laaste Sondag tot voor Goeie vrydag gebruik ons diep helder rooi om die bloed van Jesus te simboliseer. Op Goeie Vrydag en Grafsaterdag word geen kleur (swart) of versierings gebruik nie.

Simbole
Die kruis dien as hoof simbool. Ander simbole soos 'n doringkroon, spykers kan ook gebruik word.

Gebruike
Lydenstyd is 'n tyd van hertoewyding en dissipelskap. Die Westerse kerk het in die tweede helfte van die vierde eeu begin om as voorbereiding vir Paasfees 'n vas tydperk van 40 dae in te stel. Die vas het meestal beteken dat slegs een maaltyd per dag sonder vleis geëet word. Hierdie tyd kan met 'n bietjie verbeelding met groot vrug in ons huise gebruik word, bv. deur te vas van 'n gewoonte of lekker eetding, soos die lees van tydskrif, die kyk van TV, geen gebruik van suiker, ens.

Die Jode het die Pasga gebruik om hul huise van hoek tot kant skoon te maak. Die Pasga is gedurende Israel se lente (daarom "Springcleaning"). Die skoonmaak was veral om seker te maak dat daar geen gis in die huis is nie. Volgens bepalings van die Pasga moes daar geen suurdeeg vir die duur van Pasga in enige huis wees nie. In 1Kor.5:7-8 is daar 'n vergelyking tussen gis en sonde. Dit sal goed wees as ons in hierdie tyd "springcleaning" in en om ons huise en gewoontes doen en dit wat die Here nie verheerlik nie te verwyder en weg te gooi.

Kleingroepe kan "vuil " areas in die omgewing takel en skoon maak. Dink ook aan hulp by ouetehuise, ens.

Aangesien daar so baie onbekeerde mense en volke is kan die tyd gebruik word om weekliks op 'n groep te konsentreer, inligting bekend te stel en vir hulle te bid.

Gee/vra geleentheid by eredienste vir getuienisse oor projekte en uitreike.

Net soos tydens Advent kan 'n uitstal tafel in die huis of in die kerk opgestel word. Die volgende items kan weekliks op die tafel geplaas word om die lydensboodskap tuis te bring: 'n Houtkruis, hamer en sewe groot spykers, doringkroon, sweep, stok met spons, flessie asyn, groot Bybel, aardbol, sewe rooi blomme, grootDoringkroon wit kers, ens.

Een van die wonderlike tradisies van die tyd is dat baie hulle in die tyd van sekere dinge soos bv. sjokolade of bepaalde kossoorte weerhou of selfs sterker selfdissipline toepas.

Gebruik die 40 dae om elke dag een item wat jy nie meer gebruik nie eenkant te sit en aan die einde van Lydenstyd skenk jy dit aan 'n behoeftige organisasie.

Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik aardse agtergronde en prentjies van kruise om jou te herinner dat jou taak is om die te help om die pyn an swaarkry van die wêreld te help verlig. Jy kan ook tekse plaas wat jou en ander sal motiveer vir hierdie wonderlike taak.

Uitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Lydenstyd mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek word.

Bronne:

1.    Lydenstyd – Riglyne vir selgroepe en gesinne. NGK Witrivier 1998.
2.    Preekstudies met liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar. Buvton/Communitas.
3.    Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.org.za.

Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 29.03.2014. www.dominee.org.za.

Lees 8070 keer Datum verander Dinsdag, 25 Februarie 2020 17:27
Webmeester

Webmeester: Dirk C Lourens (vdm)

Webtuiste: www.EziWeb.co.za
BAIE WELKOM BY DIE NUWE DOMINEE.ORG.ZA - Die Woord vir almal! Liewe Bedienaar / Luisteraar van Die Woord. Het jy goeie Christelike boodskappe wat iewers in 'n boek, rak of rekenaar lê en stof vergaar in plaas daarvan dat dit mense se lewens verander? Voel jy dikwels dat dit hartseer...
In die kerklike jaar word Jesus se intog in Jerusalem op Palmsondag gevier, met verwysing na die palmtakke waarmee Jesus feestelik in Jerusalem verwelkom is (Joh 12:13). Met Palmsondag begin die Groot Lydensweek, die laaste week van Jesus se lydensweg. Die lydensweg na die kruis gaan deur die Groot Lydensweek....

Registreer of teken in om te publiseer en/of kommentaar te lewer en nuus te ontvang

Nog nie 'n lid nie? Registreer

Soekfunksie

Oorweeg asb 'n donasie vir die instandhouding en ontwikkeling van Dominee.org.za

Google+